Die Weskus Dutchess kuier by Pretoria FM.
Wat ‘n ongelooflike voorreg was dit nie om die afgelope Vrydag in die atlejees van Pretoria FM te kon kuier nie! Van die oomblik dat ons by Loftus Park ingestap het, het die energie van die stad en die hartlikheid van die stasie ons omvou.
Die Weskus Dutchess was die gas op die gewilde program “Annigang met Antowan”, en soos julle kan verwag, was dit alles behalwe ‘n gewone onderhoud. Antowan Nothling het haar dadelik tuis laat voel, en wat gevolg het was ‘n rou en eerlike gesprek oor die lewe, die kuns, end ie pad van “opstaan uit die as”.
Klik op die skakels hieronder om te luister:
Radio onderhoud